Songs of Shakespeare 

Meertalig
80 Minute

13 Oktober

16:00
R165-R190 | R195-R220 by die deur

Dié produksie bevat uittreksels uit operas soos Macbeth (Verdi) en Romeo et Juliette (Gounod), en musiekblyspele soos West Side Story van Bernstein en Cole Porter se Kiss Me Kate. Deur die musikale verwerkings van Shakespeare word die volle omvang gewys van die dramatiese krag en menslike waarheid wat in kuns lê. Onder Dias se musikale leiding bring Songs of Shakespeare die room van Kaapstad Opera se soliste na die verhoog, saam met ontvangers van die Judith Neilson-Jong Kunstenaarstoekennings.

Met: Brittany Smith, Nobulumko Mngxekeza, Alida Scheepers (soprane), Lukhanyo Moyake (tenoor), Conroy Scott (bariton), José Dias (klavier)

Vervaardiger Kaapstad Opera