Stap in Idasvallei

Meertalig
120 Minute

7 Oktober

08:00

13 Oktober

07:00

14 Oktober

08:00
R170

Kom stap dié spesiale roete deur Idasvallei saam met die Walking by Faith Ladies en plaaslike Idasvalleiers. Gaste word verwelkom met koffie en tuisgemaakte koesisters of roosterkoek. Die gids sal deelnemers meer oor die buurt en natuurgebied met sy eiesoortige plantegroei en diere vertel. Elkeen kry ’n inheemse boom om te plant in die natuurgebied wat deel van die Idasvallei-gemeenskapsroete vorm. Die organisasie is aangewys as ’n top-innovasieprogram deur die Wêreld Ekonomiese Forum. 

Pendeldiens vertrek ‘n halfuur voor die aanvang van die toer.

Aangebied deur die Idasvallei-gemeenskapsroete