Moontlik gemaak deur private kliënte van Old Mutual Wealth, trotse borg van die Stellenbosch-triënnale
Keramiekkuns verbeeld identiteit en is alomteenwoordig: as artistieke of dekoratiewe uitdrukking, funksionele voorwerpe of godsdienstige artefakte. Dié uitstalling verken die verteenwoordiging van ons kollektiewe Suid-Afrikaanse identiteite in die verlede en hede – of dit nou deur die huishoudelike, gewyde, of simbole van sosiale eenheid geskied. Foto’s van die keramiekkunswerke word in die strate van Stellenbosch ten toon gestel en die werke self in die Voorgelegen-museum in Dorpstraat. Besoek www.stellenboschtriennale.com vir meer inligting.