STELLENBOSSE SAUVIGNON BLANC – HORISONTAAL ÉN VERTIKAAL!

Afrikaans, Engels
Geen o.18 (Alkohol)
90 Minute

13 Oktober

12:00
R150 | R180 by die deur

Johan Jordaan, Spier-keldermeester, bied ’n eenmalige proe van Stellenbosse sauvignon blanc-wyne aan wat oor die afgelope drie jaar in die FNB Sauvignon Blanc Suid-Afrika Top 10-kompetisie presteer het. Dus: ’n vertikale proe van wenwyne van Kleine Zalze, Spier en Bellevue oor oesjare van jonk na oud, maar ook ’n horisontale proe van wyne van dieselfde jaar en streek! Kom leer meer oor hoe wyne oor tyd ontwikkel en hoe terroir die karakter daarvan bepaal.