Die befaamde Take Four-klavierkwartet tree weer op saam met die Noorweegs-Suid-Afrikaanse klarinetspeler Heidri Faber, bekend om haar fluweelklank en grasieuse vertolkings. Annien Shaw, Zanelle Britz en Karin Gaertner ondersteun die groep in die besonderse Mozart Klarinetkonsert. Ook op die program is Prokofiëf se Overture, met komiese dog melancholiese Hebreeuse temas en eteriese rolprentmusiek. Selfs Astor Piazzolla, meester van die klassieke tango, maak sy verskyning.