Sewe jaar voor Suid-Afrika se eerste demokratiese verkiesing het die Instituut vir Demokratiese Alternatiewe in Suid-Afrika (Idasa) gesprekke gefasiliteer tussen ’n afvaardiging van wit Suid-Afrikaners en lede van die ANC in ballingskap in Dakar, Senegal. Dié foto’s bied aan kykers die kans om weer te dink oor die rol wat dialoog kan speel om verskille te oorkom en gemeenskaplike grond te skep. Die foto’s vorm deel van die Idasa-argief wat in die US Biblioteek-en-inligtingsdiens gehuisves word. Die meeste van die foto’s wat uitgestal word, is in Julie 1987 geneem deur Rashid Lombard.
Die uitstalling is daagliks 09:00-18:00 oop.