In dié gratis gesprekke gesels die Woordfees-direkteur en dramaturg Saartjie Botha, en ander kenners, met teatermakers wat gesorg het vir van die opwindendste produksies op vanjaar se fees.
Teen die einde van 2024 tree Gregory Maqoma as danser uit. Exit/Exist is sy swanesang en ’n gepaste afsluiting van ’n merkwaardige loopbaan met internasionale erkenning as een van die grootste dansers van die afgelope paar dekades. Die choreograaf en voormalige danser Gillian Mitchell, ook voorsitter van die Woordtrofees-paneel, gesels met hom.