In dié gratis gesprekke gesels die Woordfees-direkteur en dramaturg Saartjie Botha, en ander kenners, met teatermakers wat gesorg het vir van die opwindendste produksies op vanjaar se fees.
In Christiaan Olwagen se herwerking van Henrik Ibsen se klassieke toneelstuk word die kompleksiteit van menslike begeertes en die gevolge van die onderdrukking daarvan verken. Saartjie Botha gesels met Christiaan en lede van die geselskap oor die enigmatiese Hedda en hoe sy met hedendaagse gehore resoneer.