In dié gratis gesprekke gesels die Woordfees-direkteur en dramaturg Saartjie Botha, en ander kenners, met teatermakers wat gesorg het vir van die opwindendste produksies op vanjaar se fees.
Die agtergrond van Isidlamlilo is die politieke geweld in KwaZulu-Natal in die jare tagtig en negentig. Deur die oë van ’n ouer swart vrou word ondersoek hoe ’n gewelddadige verlede tot ’n gewelddadige demokrasie gelei het. Die skeppers, Neil Coppen en Mpume Mthombeni, gesels oor die stuk wat met ’n Naledi-prys bekroon is.