In dié gratis gesprekke gesels die Woordfees-direkteur en dramaturg Saartjie Botha, en ander kenners, met teatermakers wat gesorg het vir van die opwindendste produksies op vanjaar se fees.
Tennessee Williams het met The Glass Menagerie ’n reeks legendariese vrouekarakters ingelui – indrukwekkende dromers wat veg om oorlewing. Dit is ook ’n skerpsinnige selfportret van die jong Tennessee: buitestander, digter, leuenaar, bron van waarheid. Nico Scheepers en die geselskap gesels met Saartjie Botha.