Teen wil en dank

Afrikaans
Geen o.13 (T)
80 Minute

8 Oktober

16:00

9 Oktober

15:00
R170-R200 | R200-R230 by die deur

Die teaterlegende Antoinette Kellermann neem die gehoor op ’n reis deur haar veelbekroonde loopbaan waarin sy in 48 jaar in meer as 200 verhoogproduksies te sien was. Sy deel herinneringe en uittreksels uit hoogtepunt-produksies in dié viering van die teater, die geskrewe woord en die lang pad wat verhoogkunstenaars teen wil en dank stap om aan te hou speel. Teen wil en dank is ’n gestroopte viering van teater, teks en die speler.

Met: Antoinette Kellermann

 

Regisseur Wessel Pretorius

Skrywers en samestellers Wessel Pretorius, Antoinette Kellermann

Verhoogbestuur Cole Wessels, Wessel Pretorius

 

’n KKNK-produksie, ondersteun deur die Johann Brink Trust