The Dante String Quartet: Points of Origin

Meertalig
120 Minute

14 Oktober

20:00
R165-R190 | R195-R220 by die deur

Die Dante­kwartet is ’n Britse ensemble wat in 1995 gestig is en al opnames gemaak het vir Hyperion, Signu, Toccata én Naxos. Die kwartet bestaan uit twee Britte en twee Suid-Afrikaners, en hulle is al deur die BBC Music Magazine en Royal Philharmonic Society vereer. Hulle het al reg oor Europa en in Japan opgetree. Hulle programme toon hulle sin vir verskeidenheid, met komponiste soos Shaw en Walker, maar ook meesters soos Haydn en Beethoven.

Met: Zoe Beyers (eerste viool), Ian Watson (tweede viool), Carol Ella (altviool), Richard Jenkinson (tjello)