Die wêreld doen sy bes om alles en almal te breek, maar ná die tyd is die meeste dinge sterker daar waar hulle stukkend was. The King of Broken Things is ’n magiese, avontuurlike verkenning van die regmaak van dinge wat gebreek en weggegooi is – ook harte. Met verwysings na Japannese tradisies, mitologie en die krag van drome is dié produksie ’n aangrypende herinnering aan towerkrag wat eintlik oral is. Wenner van die 2023 Woordtrofee vir beste prestasie in kinderteater.