The Umbrella Men

Filmfees
Meertalig
OB 13
117 Minute

3 Oktober

17:00

5 Oktober

19:00
Gratis

Die musikant Jerome Adams vlieg Kaap toe vir sy vervreemde pa se begrafnis waar hy ontdek hy erf sy pa se geliefde Goema Club en die Klopsegroep The Umbrella Men. Hy vind ook uit die klub se reuse-oortrekkingsfasiliteit moet binne twee weke vereffen word, anders gaan die bank dit terugneem ná ’n verdagte ooreenkoms met Tariq Cupido, ’n ou vyand van die familie. Jerome besluit om die einste bank te beroof gedu­rende die Klopse-karnaval, as duisende mense die strate invaar en sy groep teen Tariq se The Maulers te staan gaan kom…

Met Jacques de Silva, Shamilla Miller, Keenan Arrison, Bronté Snell, June van Merch, Abduragman Adams, Joey Rasdien, Kagiso Lediga, Rob van Vuuren

Regisseur John Barker