The Woman Who Fed the Dogs

Engels
Geen o.16
80 Minute

7 Oktober

15:30

8 Oktober

14:00

9 Oktober

10:00
R160-R240 | R190-R270 by die deur

“Die mees gehate vrou in België” is hoe die media Michelle Martin, vrou en medepligtige van die kinderverkragter en -moordenaar Marc Dutroux, gedoop het. Met haar vrylating ná 16 jaar in die tronk is dié skrikwekkende misdade van die vroeë 1990’s weer hoofnuus. Hierdie drama verken die omstandighede van Martin, haar lewe lank self ’n slagoffer van emosionele en fisieke geweld. Gegrond op Kristien Hemmerechts se opspraakwekkende roman. Van Rooi se spel word deur Die Burger as ’n hoogtepunt in haar loopbaan geloof.

Met: Lee-Ann van Rooi, Lynette du Plessis

Vervaardigers Suidoosterfees, 

Bossikop Productions

Regisseur Julie van den Berghe

Skrywers Julie van den Berghe, Marie-Louise Stheins, Kristien Hemmerechts

Vertaling Paul Vincent

Verhoogbestuur Cole Wessels

 

Ondersteun deur NATi, die regering van Vlaandere