This is not a burial, it’s a resurrection

Meertalig
OB
120 Minute

12 Oktober

17:00
R60 | R70 by die deur

2019 | Lesotho

Die bejaarde Mantoa (Mary Twala Mhlongo) rou oor die afsterwe van haar man en kinders. Sy berei haar voor op die dood en om langs haar voorsate begrawe te word. Die skrywer en regisseur, Lemohang Jeremiah Mosese, kyk met die oog van ’n digter na plek, lig en geestelike dimensies in ons alledaagse bestaan en skep ’n aangrypende elegie aan dít wat verlore gaan ter wille van vooruitgang.

Wenner: 2020 African Movie Academy Awards: beste regisseur; beste aktrise in ’n hoofrol; beste kinematografie; beste kostuumontwerp

Met: Mary Twala Mhlongo, Jerry Mofokeng, Makhaola Ndebele 

Regisseur en skrywer Lemohang Jeremiah Mosese 

Kinematograaf Pierre de Villiers 

Vervaardigers Cait Pansegrouw, Elias Ribeiro