Tigritudes 1956 – 2021

Meertalig

7 Oktober

19:00

15 Oktober

17:00
Gratis

Tigritudes 1956-2021 bied ‘n pan-Afrikaanse subjektiewe en chronologiese antologie deur 126 films, 40 lande, en 66 jaar van die geskiedenis van die rolprent. Saamgestel deur die regisseurs Dyana Gaye en Valérie Osouf, in samewerking met die Forum des images, ondersoek hierdie siklus die kwessies en vorms van ‘n steeds grootliks onbekende kinematografie. Met die doel om die vasteland in die lied van die wêreld in te sluit, nooi die Tigritudes-siklus kunstenaars en intellektuele van verskeie agtergronde uit om gesprekke oor films te voer, en kruis so perspektiewe, visies en geslagte om rolprentverhale te laat weergalm.

Daar is twee afsonderlike vertonings, die speelfilm op 7 Oktober en drie kortfilms op 15 Oktober. Beide vertonings is gratis.

7 OKTOBER 19:00

Hyènes (Hiënas) Reg. Djibril Diop Mambety

1992 | Senegal

Colobane, ‘n klein stad wat sluimer in die stowwerige hitte van die Sahel, die spook van ‘n bekoorlike stad wat deur armoede getref is. Griots kondig ongelooflike nuus aan: Linguère Ramatou (Ami Diakhate), dertig jaar later en nou ‘n aartsmiljardêr, is terug. Geen armoede meer nie. Die bevolking wag vir Linguère by die ingang van die stad. Draman Drameh (Mansour Diouf), ooit Linguère se hartstogtelike minnaar, storm eerste in. “Een van die skatte van Afrikaanse kinematografie, die Senegalese meester Djibril Diop Mambéty se langverwagte opvolger van sy kanonieke Touki Bouki (1973) is ‘n hallusinatoriese komiese aanpassing van die Switserse avant-garde skrywer Friedrich Dürrenmatt se stuk Die Besoek, wat in Mambéty se verbeelding ‘n nou-ryk vrou volg wat terugkeer na haar arm woestyngeboortedorp om ‘n ooreenkoms aan die bevolking voor te stel: haar fortuin, in ruil vir die dood van die man wat haar jare gelede verlaat het en haar met sy kind gelaat het. Soos die titel aandui, is Hyènes ‘n rolprent van sinistere, spottende gelag, en ‘n bytende satiere van ‘n kontemporêre Senegal waarvan die postkoloniale drome deur westerse materialisme uitgedaag word.” (AC – American Cinémathèque)

110 minute

15 OKTOBER 17:00

Drie Afrikaanse kortfilms uit 1966

1966 | Ivoorkus / Kongo / Niger

Kaka Yo deur Sébastien Kamba

Kongo 1965, digitaal/DCP, swart en wit, 28 min.

In Lingala met Engelse onderskrifte

Twee jong mense raak verlief en wil trou, maar ‘n towenaar raai die verloofde aan om sy bruid se gevoelens te toets. ‘n Lewendige liefdesverhaal, Kaka Yo, wat in Lingala “net jy” beteken, vleg moderne lewe, die jeug van Brazzaville in daardie tyd, die Europese danse wat in die 1960’s in swang was, en die inisiatoriese lewe van die towenaar en sy spirituele en rituele krag ineen: “sorg vir jou lot” sê hy.

4K-herstel deur Hiventy. Rolprent herstel deur die Cinémathèque Afrique van die Institut français as deel van die 20 rolprente vir 2020 program.

On the Dune of Solitude (Sur La Dune De La Solitude) deur Timité Bassori

Ivoorkus 1964, digitaal/DCP, swart en wit, 32 min.

In Frans met Engelse onderskrifte

Die rolprent is gebaseer op ‘n legende waarin Mamy Watta, die godin van water, mense verlei. Dit gaan oor twee jong mense wat mekaar een aand aan die oe van die lagune ontmoet. Die twee jong mense leer mekaar ken en spandeer die nag aan die water se kant. Wanneer hulle die volgende oggend wakker word, het die meisie verdwyn. Vreemd genoeg vind die jong man later die gesig van sy een-nag-minnaar op ‘n doodsbed.

4K-herstel deur Hiventy. Rolprent herstel deur die Cinémathèque Afrique van die Institut français as deel van die 20 rolprente vir 2020 program.

The Return of an Adventurer (Le Retour D’un Aventurier) deur Moustapha Alassane

Niger 1966, digitaal/DCP, kleur, 34 min.

In Frans en Hausa met Engelse onderskrifte

Jimmy keer terug na sy dorp in Niger na ‘n reis na die Verenigde State. As geskenk aan sy vriende bring hy volle cowboy-uitrusting terug van die Far West. Voortaan, geklee in Amerikaanse mitologie, is hulle nie meer Kali, Ibrahim of Boubakar nie, maar Black Cooper, James Kelly, Casse-Tout of Reine Christine. En, net soos wat hulle dink ‘n regte bende van cowboys is, gaan hulle die streek beroof en provoseer die toorn van die dorpsmense.

2k-herstel deur Eclair Classics. Rolprent herstel deur die Cinémathèque Afrique van die Institut français as deel van die 20 rolprente vir 2020 program.

94 minute

In samewerking met Forum des Images.