Lourensa, ’n meisie van Centurion, probeer betekenis vind in ’n siersteenstad, maar die visse in die Centurion Mall se meer hou aan vrek en haar Tinder-dates is ewe teleurstellend. Dan trek haar nefie Juandré, ’n Tjuras4lyf-tipe ou wat terug is van die Kaap, by haar in en Lourensa besef sy is moontlik die enigste mens in Centurion is wat nie ’n lekker tyd het nie.