Tollie Parton is ’n wulpse drag queen met ’n groot hart en ’n piepklein wag voor haar mond. Greetje Appelmoes is Casper de Vries se kort en kleurryke Hollandse tannie wat die lewe met ’n glimlag en ’n knippie sout benader. Albei deel graag raad en menings oor komplekse wêreldgebeure deur ’n komiese lens. Temas soos oorlog, die wisselkoers, Trump, AI, die metaversum, pannekoek en haarsproei word bespreek.