Tongvisse, tale en gedigte wat lewe

Afrikaans
60 Minute

10 Oktober

12:00
R75 | R100 by die deur

Anton Kannemeyer gesels met Diek Grobler wat hom met sy poësie-animasie bevind in ’n klein, uitgelese geselskap waar daar feeste gehou word wat spesifiek op poësieprente gemik is. Sy en die harpspeler Anne van Schothorst se animasie-weergawe van ’n Antjie Krog-gedig, Transparant van die tongvis, was verlede jaar in die eindronde van ’n internasionale kompetisie in Italië, terwyl Laaste woord vir vanjaar se Sjanghai-filmfees gekies is. Al Grobler se poësiefilms, gegrond op gedigte deur, onder andere, Breyten Breytenbach, Ronelda S. Kamfer, Danie Marais en Martjie Bosman, wys ook gratis deur die week. Hierdie filmvertonings vind plaas in die Victoria Hub: Raadsaal, 9-13 Oktober 2023, daagliks om 13:00.