Toyota Musiekfees Opelugkonserte: Neon Dreams

Toyota Musiekfees
Meertalig

2 Oktober

19:00
R100-R145 | R180 by die hek

Kanadese pop-rock duo en ere-Suid-Afrikaners, Neon Dreams, het die land betower met hul oorwurm-melodieë en onvergeetlike refreine. Hierdie jaar bring hulle hul kenmerkende klank en positiewe energie vir die eerste keer na die Woordfees en ons kan nie wag om hulle te verwelkom nie! Hekke maak 17:30 oop.

In samewerking met Texx and the City