Gekanselleer: Toyota US Woordfees Gholfdag

Meertalig

10 Oktober

12:00
R5000 vir ‘n vierbal

Gholf en die kunste vat hande vir ’n goeie doel by Devonvale-gholfklub. Sluit aan by sportpersoonlikhede asook bekende skrywers en kunstenaars om fondse in te samel vir die werwing, ontwikkeling en behoud van talentvolle spelers én die voorsiening van werk- en ontwikkelingsgeleenthede vir kunstenaars. Jy kan ’n vierbal bespreek, met die halfweghuis, prysuitdelingsete en ’n vermaaklikheidsprogram daarby ingesluit. Vir besonderhede of om aansoek te doen en jou afslaantyd te bespreek, kontak Leoné Pitts by 083 227 7501 of leone.pitts@gmail.com.

In vennootskap met die Cheetahs Rugby Trust. Ondersteun deur Toyota SA.