Toyota US Woordfees Langtafel

Meertalig
240 Minute

6 Oktober

18:00
R900 | 10% afslag vir tafelbespreking van 10 of meer

Die Langtafel word weer onder die eike gedek, tussen die pragtige ou geboue van Ryneveldstraat, met feestelike kos en die klanke van gesellige gaste se kelke wat klink. Vanjaar verskaf Bertus Basson en die topdrie-spanne van Kokkedoor Vuur en Vlam inspirasie vir die aand se spesiale spyskaart. Gaste sal met aankoms ’n komplimentêre glas wyn of vonkel ontvang. Bespreek vroegtydig jou plek aan dié geliefde tafel. 

Met: Bertus Basson, kykNET Kokkedoor-finaliste