Thys Potgieter is ’n boer met ’n groot persoonlikheid en ewe groot drome om as akteur op die verhoog te verskyn. Omdat hy glo sy vriende en familie sal nie dié kant van hom aanvaar nie, lê hy skelm ’n oudisie af vir die amateurdramaklub se musiekblyspel. Hy slaan die hoofrol los en moet inderhaas leer toneelspeel terwyl hy koppe stamp met ’n moeilike regisseur en tussendeur die geheim probeer wegsteek van sy vrou en die res van die gemeenskap.