Trio du Cap Classique

Meertalig
50 Minute

7 Oktober

11:00
R165-R190 | R195-R220 by die deur

Vox balenae (Die stem van die walvis, 1971) is ’n beroemde trio vir fluit, tjello en klavier deur die Amerikaanse komponis George Crumb (1929–2022), ’n werk wat geïnspireer is deur die bultrugwalvis se “sang”. Die tweede werk is ’n vroeë trio van Claude Debussy, ’n komponis wat deur Crumb bewonder is, maar die slotwerk staan in skrille kontras hiermee: twee van die Suid-Afrikaanse komponis Hendrik Hofmeyr se vele tango’s, met die titel It Takes Two.

Met: Liesl Stoltz (fluit), Eddie McLean (tjello), Albie van Schalkwyk (klavier)