Troepe keer terug

EasyEquities Skrywersfees
Meertalig
60 Minute

5 Oktober

10:00
R80 | R110 by die deur

In Bun Booyens se boek Troep! vertel meer as 100 oudtroepe wat hulle van diensplig onthou. Dis stories oor varkpanne, tiekiebokse, twee-komma-viers, boeliebief, die DB, ryloop, pakkies, bosbussies, naweekpas, ratpacks, stof, Buffels, landmyne en skrapnel – en ook herinneringe van dié wat nie teruggekom het nie. Willie Burger gesels met Bun oor die lang skaduwee van die Grensoorlog, en verwys ook na Bloedbroers, Deon Lamprecht se boek oor Operasie Smokeshell.

Aangebied deur Penguin Random House, Jonathan Ball