Koek en Tert staan op trou, albei in ’n spierwit rok. Dit is skoonma’s, kombuistees, pampoenkoekies, blommerangskikkings en voorhuwelikse berading, maar nou is die lysies afgemerk en die lewenspad gekaart. Daar is twee trourokke en een bruidegom, maar net een bruid stap môre in die kerkpaadjie af. Trou Koek / Tert is ’n skerpsinnige verkenning van sosiale waardes oor liefdesverhoudings, die huwelik en verwagtinge.