Tuiskoms / Homecoming

Klassieke Musiek
Meertalig
80 Minute

5 Oktober

17:00
R175-R210 | R205-R240 by die deur

Met die postume publikasie en bekendstelling van M.E.R. se kindergedigte in 1985 het die vyfjarige William Berger van die gedigte op TV voorgedra. Nou, byna vier dekades later, vier dié bekroonde bariton sy tuiskoms met Surinkies, ’n nuut saamgestelde liedsiklus bestaande uit toonsettings van hierdie gedigte deur die Suid-Afrikaanse koordirigent en komponis Awie van Wyk. Berger se emotiewe voorlesing en genuanseerde vertolking van die gedigte laat ’n mens terughunker na jou kinderdae en na huis. Die program sluit ook liedere in van Edvard Grieg, Maurice Ravel en Benjamin Britten. 

Met William Berger (bariton), Alex Gabriel (klavier)