Twee kaalkoppe wonder

Afrikaans
60 Minute

10 Oktober

10:30
R75 | R100 by die deur

Jean Oosthuizen lei ’n gesprek met Koos Kombuis en Clinton du Plessis oor Deur die tonnel van twyfel en Joernaal. Koos beskryf eersgenoemde as “ ’n moderne, godsdienslose geloofsbelydenis” waarin hy wonder wat die nuwe geslag in die plek het van al die ou gode wat dood is. Waarop grond ons nou ons moraliteit? Clinton du Plessis, wat ná jare weer ’n nuwe bundel, Joernaal, by ’n hoofstroomuitgewer publiseer, skryf op Facebook hoe hy na drie covers van Johannes Kerkorrel se “Hillbrow” luister en wonder wanneer “gee, gee, gee” verruil is vir ’n era van gryp en vreet. 

Aangebied deur Naledi