Uit die argiewe: A Square Meal

Diskoers
Engels
90 Minute

1 Oktober

11:00
R80 | R110 by die deur

Hoe kan kosgeskiedenis weer lewe gegee word? Dr. Amy Rommelspacher van die NG Kerk-argief vertel hoe kuns­studente in hulle verkennings van die argief nuwe werke geskep het in reaksie op hulle ervarings met geskiedenis en kos. Studente het deur die versamelings van twee NGK-sendelinge gewerk om te verstaan hoe kos in die 19de eeu in Suider- en Sentraal-Afrika verkry en ervaar is. Kos word voorgesit wat aansluit by die dokumente en kuns.