Die Dokumentesentrum in die afdeling Spesiale Versamelings van die US Biblioteek-en-inligtingsdiens huisves tans meer as 460 versamelings. Vanjaar word gefokus op versamelings wat die pad na demokrasie deur onderhandeling uitbeeld: die Frederik van Zyl Slabbert-, Idasa-, Hermann Giliomee-, Suid-Afrikaanse verkiesings- en Suid-Afrikaanse skuldkrisis 1985/86-versameling. Ná die tyd kan ’n uitstalling van die dokumente in die Dokumentesentrum besigtig word.