Die werk van NGK veldpredikers en kapelane as hulpdiensnetwerk tydens die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) word belig deur Dr. Esté Kotzé en Lizelle Smit, navorsers en argivarisse van die Nederduitse Gereformeerde Kerk. Oorspronklike briewe, ‘n gordel van een van die veldpredikers en vele meer artefakte uit die NGK Argief sal te siene wees.