Uitstallings: Blueprint for the Disorder of Things

Visuele Kuns
Meertalig

28 September

29 September

30 September

1 Oktober

2 Oktober

3 Oktober

4 Oktober

5 Oktober

6 Oktober

Hierdie kunsgalery is gedurende die fees oop vir besoeke. Die datums wat hier aangedui word, is slegs vir die feestyd; uitstallings is ook voor en ná die fees oop. 

Christine Dixie se solotentoonstelling versmelt tyd en ruimte, en beweeg tussen die Groot Pes wat Europa in die 16de en 17de eeu getref het en die meer onlangse Covid-19-pan­demie. Indigo, die kleur wat gebruik word vir bloudruk (waarmee argitekte ’n “plan vir die toekoms” opstel), deurtrek die versameling, maar die argitektuurverwysings wat met bloudruk vereenselwig word, raak paradoksaal in die konteks van wanorde. Die werk wat uitgestal word, het vorm aangeneem gedurende Dixie se residensie by Stias op Stellenbosch.

Uitstalling-openingsfunksie: 28 SEPT 14:00
Rondleiding: 29 SEP 12:00