Die volgende kunsgalery is gedurende die fees oop vir besoeke. Die datums wat hier aangedui word, is slegs vir die feestyd; uitstallings is ook voor en ná die fees oop.
’n Talentvolle groep jong kunstenaars wat deur die Moedertaal-ontwikkelingsinisiatief (MOI) befonds en onder die vaandel van die Atterbury-trust bestuur word, stal bronswerke uit wat hulle reis van groei en kameraadskap – “die MOI van vriendskap” – uitbeeld. Die jeugdiges is deurentyd gementor en ondersteun tot by die uiteindelike giet van hulle werk. Kom ervaar die jong kunstenaars se skeppings wat as getuienis dien vir die krag van toewyding en kreatiwiteit, en luister na die unieke storie van elkeen se lewensreis.