Hierdie kunsgalery is gedurende die fees oop vir besoeke. Die datums wat hier aangedui word, is slegs vir die feestyd; uitstallings is ook voor en ná die fees oop.
Die P.J. Olivier-kunssentrum hou sy jaarlikse Straatkunskompetisie vir gr. 11-leerlinge. Sedert 2022 is dit gekoppel aan ’n staproete deur die dorp. Die kompetisie gee aan ontluikende jong kunstenaars die geleentheid om lewe te gee aan hulle werk en betrek terselfdertyd dorpenaars en toeriste om stap-stap die dorp te leer ken. Vanjaar se staproete staan bekend as #PJOkunsspore24 / #PJOart_tracks24 en begin by die P.J. Olivier-kunssentrum in Blomstraat en kronkel verder deur die dorp. Die tien beste kunswerke sal by spesifieke plekke op die staproete besigtig kan word. ’n Kaart is beskikbaar wat al die kunswerke op die roete aandui.
Roete begin by P.J. Olivier-kunssentrum, Blomstraat