Aangebied deur die Rupert Museum
Die multimediakunstenaar Fawa Conradie bied ’n werksessie aan waarin deelnemers buitemuurs sal skets en inspirasie put uit die natuur en geboue. Gemaklike skoene is nodig vir die stap op soek na geboue op die dorp. Deelnemers kan spesifieke vrae aan die aanbieder stel en saam skets. ’n Verskeidenheid van tekentegnieke en -materiale plus verwysingsraamwerke word gedurende die werksessie gekombineer. Alle materiale word verskaf. Dié klas is vir beginners sowel as kunstenaars.