freedom

US Museum-uitstallings: Freedom, Life and Dignity Reimagined

Visuele Kuns
Meertalig

28 September

29 September

30 September

1 Oktober

2 Oktober

3 Oktober

4 Oktober

5 Oktober

6 Oktober

Dié tentoonstelling bestaan uit werke van drukkunsstudente in hulle derde jaar wat op artikels in die Suid-Afrikaanse Handves van Regte reageer. Hulle werk tree in gesprek met dié van Suid-Afrikaanse kunstenaars wat in 1996 as deel van die Human Rights-drukwerkprojek op die nuwe Handves van Regte gereageer het.

Die studente wie se werk uitgestal word, is Jacqueline Dow, Olorato Makgale, Anna van Pletsen, Lucy Clegg, Bethan Swie­gers, Chrystopher Abbott, Juane Swart, Kabous de Wet, Katja Marsiglia, Keishia van der Vent, Jane Rigava, Samantha Schimper en Yasmeen Williams. 

Die kunstenaars wat in 1996 tot die projek bygedra het, was Norman Kaplan, Will­iam Zulu, James Mphahlele, Nhlanhla Xaba, Philippa Hobbs, John Roome, Kim Berman, Azaria Mbatha, Ezekiel Budeli, Samkelo Bunu, David John Yule, Sibusiso Sabela, Vuyile Voyiya, Thami Jali, Andrew Verster, Diane Victor, Vedant Nanackchand, Pieta Robin, Jan Jordaan, Margaret Gradwell, Dina Cormick, Ian Marley, Dominic Thorburn, Sophie Peters, Philip Badenhorst, Edwine Simon, Carina Minnaar en Jonathan Comerford

Die uitstalling is daagliks 09:00-18:00 oop.