Van Mozart tot Verdi: Operahoogtepunte

Meertalig
120 Minute

14 Oktober

15:00

15 Oktober

15:00
R250-R280 | R280-R310 by die deur

Kom luister na geliefde ensembles uit operas in die Duitse, Franse en Italiaanse tradisie. Daar’s uittreksels uit Die towerfluit, Carmen, Faust en Cavalliera Rusticana, en in die tweede helfte wag die beroemde sekstet uit Lucia di Lammermoor van Donizetti. Die program word afgesluit met die Slawekoor uit Verdi se Nabucco, gevolg deur die magtige triomftoneel uit sy opera Aida.

Met: Johan de Villiers (dirigent), Hlengiwe Makhwanazi, Minette du Toit-Pearce, Luvo Maranti, Conroy Scott, Eric van Rooyen, Garth Delport, Xander Kritzinger (soliste), Petri Salonen (konsertmeester), Zorada Temmingh (orrel)