Van Oekraïne, met liefde

Afrikaans
60 Minute

11 Oktober

10:30
R75 | R100 by die deur

Ian Sutherland (Catastrophe) en die fotograaf Jaco Wolmarans (Dolos) gesels met Dibi Breytenbach oor die navorsing wat hulle nuwe boeke geverg het. Ian herbesoek in sy tweede boek die Tsjernobil-kernramp in Oekraïne. Hierin soek ’n Russiese ballerina in New York wat sterwend is aan kanker, haar vervreemde dogter om te bieg oor haar geheime vlugtog in 1986 uit Tsjernobil. Jaco se navorsing vir Dolos het hom weer na die noordooste van Mosambiek gelei om meer uit te vind oor die gevreesde Al-Shabaab-ekstremiste, en om langafstandskiet te bemeester. 

Aangebied deur Tafelberg, Vindigo Press