Variations on Virtuosity

Meertalig
60 Minute

10 Oktober

16:00
R165-R190 | R195-R220 by die deur

Standard Bank se Jong Kunstenaar vir Musiek in 2019 verken die poëtiese en tegniese uiterstes van klavierspel in ’n opwindende program van virtuose werke. Die program sluit in variasies deur Mozart en die duiwelse Gaspard de la Nuit deur Ravel, asook ’n keur uit Chopin se poëtiese dog ewe virtuose etudes vir klavier. ’n Kort werk deur Karl Lobi, ’n jong Kaapstadse komponis en alumnus van die US, word ook bekend gestel.

Met: Megan-Geoffrey Prins (klavier)