EasyEquities Skrywersfees
Afrikaans
60 Minute

30 September

11:30
R80 | R110 by die deur

Spanningsverhale

Aangebied deur Penguin Random House

Geheime, die verlede en nuwe beginne is dikwels belangrike bestanddele van span­nings­verhale, maar hoe gee skrywers hier­die bekende gegewe ’n vars gedaante? Chanette Paul (Anoniem), Christelle Wessels (Wegkruiper) en Martin Steyn (Donker water) vertel vir Bettina Wyngaard watter vrae hulle hulleself moes afvra om lesers aan die wonder te hou, en hoe ’n mens kan toor met staatmakerkarakter­tipes, beelde en gebeure. Bettina hou haar vrae vars – verwag om verras te word!