Toneel
Afrikaans
OB 13
60 Minute

2 Oktober

20:00

4 Oktober

15:00

5 Oktober

17:00

6 Oktober

14:00
R190 | R220 by die deur

Jana Cilliers hunker na ’n gesprek met haar neef Barnard Gilliland, al onthou sy hom skaars. Hy is 60 jaar gelede in die jong ouderdom van 24 oorlede. Kort ná sy dood verskyn sy debuutbundel, Veelhoek. Sy ervaar sy merkwaardige uitdrukkings­vermoë as belowende jong skrywer as skreiend eerlik binne sy tydsgees. Gilliland se rou soeke na die sin van die lewe staan teenoor Cilliers wat hunker na iets soortgelyks binne ’n teater­konteks. Haar begrip van sterflikheid as ouerwordende aktrise ontvou binne haar gesprek met hom oor die mens se veelhoekige bestaan hier op aarde. Jana Cilliers en Ludwig Binge is albei benoem vir Kanna-pryse vir hul spel in Veelhoek.

Met Jana Cilliers, Ludwig Binge

Regisseur en ontwerp Marthinus Basson  
Skrywer Jana Cilliers 
Produksiebestuur Anna Davel
Verhoogbestuur en beligtingsontwerp Nicolaas de Jongh
Musiek David Wolfswinkel

’n Ko-produksie tussen die KKNK,  Vrystaat Kunstefees, Momentum Beleggings Aardklop en Suidoosterfees, moontlik gemaak deur NATi. Speelvak ondersteun deur Toyota Stellenbosch Woordfees