Ver in die wêreld kittie

Afrikaans, Engels
80 Minute

9 Oktober

10:00

10 Oktober

19:00

12 Oktober

20:30

13 Oktober

17:30
R140-R250 | R170-R280 by die deur

David Kramer se Kanna-bekroonde musiekblyspel vertel die verhaal van Josef Marais en Rosa de Miranda se sukses in Amerika en Kanada. Hulle het in die 1950’s daar bekend geword as balladesangers wat Afrikaanse volksliedjies in Engels gesing het. Die storie word vertel deur die oë van Kittie Jaftha, ’n vrou wat saam met Josef se ma op Worcester grootgeword het. Kittie voel verraai, want sy wéét Josef het dié liedjies geleer by haar en Koos Heuningbek, ’n werker op sy pa se plaas.

Met: Jenny Stead, André Terblanché, Dean Balie, Rushney Ferguson

 

Regisseur, skrywer en musiek 

David Kramer

Vervaardiger Renaye Kramer, KKNK

Musikante Nick Turner (kitaar), Kerryn Torrance (viool), Yvan Potts (klawerbord)

Beligtingsontwerp Ben du Plessis

Klankontwerp Robert Lewis

Kostuums Widaad Albertus

Verhoogbestuur Nickus Venter

 

’n Feesteforum-produksie, in samewerking met David Kramer Productions, moontlik gemaak deur NATi.