Verandering & verlies – verken, vind & verdiep

Leefstyl
Afrikaans, Engels
90 Minute

1 Oktober

12:00
R190

Woorde – gesproke óf ongeuiter – is ’n uitdrukking van die reis van verandering en verlies. Ons maniere om dit te hanteer verskil en ons stories en ons bestaan hierrondom is uniek. Maar tog bly verandering en verlies soms vreemd. In hierdie interaktiewe slypsessie gee dr. Andre Kilian moontlikhede om kreatief met daaglikse veranderinge om te gaan en ook te kyk of ons ondanks die verlieservaring ook groei kan ervaar. Hy werk in private praktyk as pastorale terapeut en in besighede as coach, en bly gefassineer deur mense se stories en ervaringe wat eintlik oral dieselfde is. Kom luister, kom dink, kom praat – ons het jou woorde nodig.

Met André Kilian, BeSoulful