Verf en vers-slypskole

Meertalig
240 Minute

14 Oktober

09:00
Gratis (Plek is beperk)

Is jy ’n digter? Ontwikkel jou vinger- en versvaardighede. Dié gewilde slypskole wakker kreatiwiteit en ’n liefde vir lees by leerders in die grondslag- en intermediêre fase aan. Opvoeders word touwys gemaak in nuwe prettige maniere van doen, byvoorbeeld slypskole in kreatiewe skryf, visuele geletterdheid, teken- en verfwerk, en selfs vingerverf. Deelnemers skryf kort gediggies en stel dit skeppend voor op A3-papier. Die eindproduk: ’n kleurryke plakkaat met elke leerder se gedig daarop. Elke kunswerk kom in aanmerking vir WOW se jaarlikse Verf en Vers-wedstryd, en die wenplakkate word met pryse beloon.