Is jy ’n digter, skilder of gewoon gekunsteld? Kom ontwikkel jou behendigheid, oog vir kuns en digvernuf. Dié gewilde slypskool wakker kreatiwiteit en ’n liefde vir lees aan by leerders in die grondslag- en intermediêre fase. Onderwysers word touwys gemaak in nuwe, prettige maniere van lesgee, byvoorbeeld slypskole in kreatiewe skryfwerk, visuele geletterdheid, teken- en verfwerk, en selfs vingerverf. Deelnemers skryf kort gediggies en stel dit skeppend voor op A3-papier. Die eindproduk: ’n kleurryke plakkaat met elke leerder se gedig daarop. Elke kunswerk kom in aanmerking vir WOW se jaarlikse Verf-en-Vers-wedstryd, en die wenplakkate word met pryse beloon. Enkele skole gaan ook hul kunswerke uitstal. Besoek www.wow.woordfees.co.za vir meer inligting oor WOW se programme.