Verhale van ’n nomade: Die storie van Andries de Lange

Toyota Musiekfees
Meertalig
80 Minute

3 Oktober

14:00

5 Oktober

11:00
R190 | R220 by die deur

In hierdie kabaret neem die pianis en storieverteller Christof Berg die gehoor op ’n unieke reis wat begin by ’n klein seuntjie wat grootword saam met sy mis­tieke Sotho-kinderoppasser, Sarah, op ’n geheimsinnige soutplaas in die hart van die Vrystaat. Sarah het die veld goed geken en altyd van die reën gesing. Sy pa het geglo ’n mens plant koeltebome vir die mense wat ná jou kom. Musiek lei hom na ’n betowe­rende boheemse gemeenskap in die Kaap vol kleurryke karakters en later na verre wêrelde oor vreemde oseane. Maar is daar ’n pad na die land anderkant die sterre? 

Musiekregisseur en skrywer Christof Berg