Verlangebos

Meertalig
60 Minute

7 Oktober

12:00

8 Oktober

17:00

10 Oktober

17:00
R185-R235 | R215-R265 by die deur

Volksmusiek en -digkuns – mooi ou wysies en wonderskone woorde – kry nuwe betekenis. Die pianis Rina Goldberg neem Nic de Jager, deurwinterde radioman, se teks en gunstelinggedigte en vervleg dit met die mooiste liedere in die ou en nuwe FAK-bundels en liedermusiekskat. Dit word lieflik vertolk deur die tenoor Louis Loock, bygestan deur die talentvolle Schalk Joubert en Schalk Wasserman – ‘n ware musikale tour de force vir oud en jonk!

Met: Nic de Jager (voorlesing), Louis Loock (sang), Rina Goldberg (klavier), Schalk Joubert (baskitaar), Schalk Wasserman (perkussie), Sunday Kelechi (tjello)

Ondersteun deur die Johann Brink Trust 

Regisseur Ira Blanckenberg 

Vervaardiger Marzé Botha

Musiek Rina Goldberg