Vier Panado’s en ’n Chardonnay

Toyota Musiekfees
Meertalig
Geen o.16 (T)

2 Oktober

20:30

4 Oktober

16:00

5 Oktober

10:00
R180-R250 | R210-R280 by die deur

In hierdie kabaret, ook bekend as Ek het al so baie my *** gesien, ek is bang vir ***** , vier Elzabé Zietsman haar en haar mede-Suid-Afrikaners se veerkragtigheid. As ons val, staan ons op. As die mat onder ons uitgeruk word, maak ons bollema­kie­sies en land op ons voete. As die wêreld om ons verander, pas ons aan. En as die wêreld om ons heeltemal uitmekaarval, drink Mamma vier Panado’s en ’n glas chardonnay, en Pappa steek die vuur aan. Môre probeer ons weer.

Met Elzabé Zietsman, Tony Bentel

Vervaardiger Drama Drama
Musiekregisseur Tony Bentel
Regisseur en skrywer Johann Slabbert