Volhoubare Fossiele vir die Toekoms – Somer/Lente 2024

Meertalig
120 Minute

13 Oktober

15:00
R500 | R530 by die deur

In hierdie aanbieding wat op mode en kuns fokus, word Lezanne Viviers se nuutste lente/somer-versameling ten toon gestel soos wat dit by die Milaan-modeweek te sien was. Aanskou die skatte wat ons tyd verteenwoordig: voorwerpe deurdrenk met gedeelde kennis, liefde wat deur ons hande gedeel word. Verbeel jou ’n toekomstige argeologiese terrein wat soos ’n baarmoeder die kosbaarheid en oorsprong van die lewe omsluit.